Inleiding:
Wat behels die Sekwestrasie proses? Die Sekwestrasie Proses is nie iets wat mens ligtelik oorweeg nie. Dit is 'n proses wat slegs oorweeg word indien daar geen ander alternatief is om finansiële vryheid te kan ervaar nie.
Wanneer jy moedeloos is, nie meer weet waarheen nie, en te veel skuld het, dan is Sekwestrasie die antwoord.
Dan is Sekwestrasie vir jou. Raak ontslae van die skuld via die Sekwestrasie proses en begin weer leef en nie net oorleef nie.
Die Evaluasie / Assessering:
Hoe word die evaluasie vir sekwestrasie gedoen en wat behels dit alles? Eers moet daar vas gestel word of die voornemende kliënt wel ‘n kandidaat vir sekwestrasie is en voldoen aan die kriteria soos in die
Insolvensie Wet voor geskryf word. Dus moet daar op holistise wyse na u finansiële omstandighede gekyk word om vas te stel of daar nie moontlik enige ander remedies tot u beskikking is nie, bv. Skuld Berading of selfs Skuld Mediasie.
Voltooi Cure Debt se standaard Evaluasie vorm so volledig as moontlik ons in staat te stel om u van die beste advies te voorsien.
Hoe sal ek weet of ek wel ‘n goeie kandidaat is vir Sekwestrasie?Indien u laste u bates oorskry is u ‘n goeie kandidaat vir sekwestrasie.
Ek het geen ander keuse nie en besluit om voort te gaan met die Sekwestrasie Proses, wat nou?Sodra die kliënt die besluit gemaak het, word die prokureur instruksie gegee om te begin met die sekwestrasie proses.
Wat behels die Sekwestrasie proses in Suid Afrika?Die nodige hof dokumentasie word op gestel, waarna daar aansoek gedoen sal word vir ‘n hof datum. Van datum van advertensie tot die hofdatum is 30 dae, waarna daar n’ hof bevel uit gereik word deur die Hooggeregshof van Suid Afrika wat u ekonomiese status van Solvent na Insolvent verander.
Wat gebeur met my krediteure na ek die besluit gemaak het om die sekwestrasie proses te volg?U hou onmiddelik op om die u krediteure te betaal. Sodra die advertensie in die staats koerant verskyn stop dit alle regsaksie.
Die dag wat die saak in die hof verskyn:‘n Sekwestrasie aansoek is ‘n Hooggeregshof aansoek en dus het u nie nodig om die hofsaak by te woon nie. Die Advokaat wat aan gestel word deur die aansoek prokureur gaan u verteenwoordig in die hof.
Hoe gaan ek weet of die aansoek suksesvol was of nie?Die prokureur wie namens u optree in die sekwestrasie aansoek sal u in kennis stel van die uitslag van die saak sodra die advokaat hom in kennis stel daarvan.
Ek is Insolvent, wat nou?Jy sal ‘n afskrif van die sekwestrasie bevel ontvang vanaf die prokureur wat die aansoek gebring het. Die bevel moet u in veilige bewaring hou en indien enige van die krediteure u skakel of kontak insake die betaling van u uitstaande skulde, voorsien u hulle van ‘n afskrif van die hof bevel.
Wie stel die kurator aan op my insolvente boedel?Die Meester van die Hooggeregshof stel die kurator aan op die insolvente boedel.
Moet ek my krediteure betaal na my sekwestrasie bevel toe gestaan is?Alle krediteure moet hulle eise indien en bewys teen die insolvente boedel, sodra die kurator aan gestel is. Die insolvensie wet maak dit duidelik dat een krediteur nie bo ‘n ander bevoordeel mag word nie.
Daarom mag geen van die krediteure betaling ontvang van jou direk nie. Hulle moet deur die eis proses gaan in terme van die Insolvensie wet.
Die kurator is aan gestel en ek wil nie my los bates verloor nie, hoe maak ek nou?
Jy kan met die kurator onderhandel om die voordeel van die krediteure oor ‘n tydperk van 18 – 24 maande te betaal. Die bedrag is saam gestel uit die kostes van die kurator, meester, asook die 20-25c in die rand.
Wanneer die bedrag betaal word na die Insolvente Boedel sal u nie u bates verloor nie maar dit basies terug koop uit die insolvente boedel. Die betalings periode kan onderhandel word met die kurator maar normaalweg is die nie langer as 18 maande nie.
Die bedrag word rente-vry in gelyke paaiemente maandeliks betaal, na aanleiding van die ooreenkoms wat met die kurator bereik is.
Neem verder kennis, dat indien die gelde nie betaal word nie, die bates verwyder sal word en verkoop word op veiling om die nodige fondse te verhaal om die voordeel aan die krediteure en kostes van die kurator en meester te delg.
Wat is die Kurator en die Meester se funksie?
Die Kurator word aan gestel deur die Meester van die Hoogeregshof om na die krediteure se belange om te sien en te verseker dat die krediteure nie benadeel word in die sekwestrasie proses nie en dat hulle die kans gegun sal word om die nodige eise in te dien teen die insolvente boedel en op so wyse ‘n gedeelte van hulle geld terug te kry.
Wanneer word die uitstaande rekeninge van die krediteure vereffen?
Die rekeninge word vereffen sodra die meester af geteken het op die insolvente boedel, waarna die kurator die krediteure wat wel ge-eis het teen die insolvente boedel se eise uit betaal.
Enige krediteure wat nie van die insolvente boedel rekening ge-eis het nie, se uitstaande rekening word af geskryf en kan ook nie op ‘n later stadium van die insolvent verhaal word nie.
Bogemelde is alles 100% afhanklik van elke individu se persoonlike situasie en kan slegs gebruik word as ‘n riglyn. Dus stel ons voor dat u Cure Debt nader om u by te staan met ‘n gratis evaluasie en konsultasie in die verband.
Vir meer inligting skakel gerus Cure Debt vir spesialis dienste in die bedryf.