nav logo
CURE DEBT
Blog

SKULD OPLOSSINGS  

about banner
TT_main | 29 April 2022 

HOE OM VAN SKULD ONTSLAE TE RAAK...
Die groot vraag op almal se lippe is natuurlik watter skuld oplossings bied Suid Afrikaanse Wetgewing om van skuld ontslae te raak. 

Daar is verskeie skuld oplossings beskikbaar in Suid Afrika, vir individue en besighede wat finansiële probleme ondervind.  Dit is altyd beter om pro-aktief op te tree en die probleem aan te spreek voor dit te laat is.  Ek is Christine en vandag gaan ek poog om in Afrikaans, skuld oplossings beskikbaar vir die Suid Afrikaners in gewone afrikaans te verduidelik. 

Ons ekonomie:
Rente koerse gaan nie gou verander nie, in elke geval nie verlaag nie.  Dus plaas dit geweldige spanning op elke persoon en besigheid se finansies.  Dit veroorsaak dat alhoewel, u die woning of voertuig wat u gekoop het 3 jaar terug kon bekostig het, het die premie weens die verhoogte rente koerse onbekostigbaar geraak.  Jou huishoudelike inkomste het ongelukkig nie saam die rente koerse verhoog nie en nou sit jy in stresvolle finansiële situasie.  

Tree pro-aktief op...
Daar is verskeie skuld oplossing beskikbaar vir die publiek en besighede wat finansieël swaar trek, maar dit is altyd beter om pro-aktief op te tree en te kyk na die verskillende opsies voor regsaksie geneem is of die invorderings prosesse begin word. 

Oplossing vir persone:

1.  Skuld berading:  Skuld berading word gereguleer deur die Nationale Krediet Wet en die skuld beraders moet geregistreer en geakkrediteer wees by die NCR.  Die oplossing is baie effektief indien u nie u voertuig wat gefinansier is wil verloor nie, of u woning wat byna klaar betaal is of klaar betaal is wil verloor nie.  

Hoe werk Skuld berading?
Wanneer jy kyk na skuld berading as 'n skuld oplossing, sal jy vind dat jy steeds die volle som van die skuld gaan klaa betaal maar die skuld berader beding laer rente koerse en 'n meer bekostigbare premie vir jou.  Die skuld se maandelikse premie kan met so veel soos 50% verminder.  Jy verloor nie jou eiendom, voertuig of losbates nie.

2. Skuld konsolidasie: Baie mense verwar skuld konsolidasie met skuld berading.  Skuld berading konsolideer wel al jou skuld betalings in een gemaklike betaling maar dit is nie 'n konsolidasie lening nie.  Wanneer jy kyk na skuld konsolidasie maak jy 'n lening wat die skuld delg en jy betaal net die een lening terug maandeliks. 

Wat behels Skuld konsolidasie?
Skuld konsolidasie is 'n lening wat aan gewend word om al jou skuld af te los of klaar te betaal.  Neem in ag dat die bank of instansie wat die konsolidasie lening aanbied, doen krediet navrae, dus indien jou kredit rekord reeds besmet is met negatiewe inligting van wanbetaling, gaan jy nie die lening kry nie. 

Sluit 'n konsolidasie lening alle skuld in?
'n Konsolidasie lening sluig slegs lenings in wat klaar betaal kan word en dan word die rekening gesluit.  Dit sluit nie rekeninge soos krediet kaarte, oortrokke fasiliteite, klererekeninge, ens. in nie.  Meeste van die tyd land individue wat die oplossing verkies in 'n groter finansiële krisis as voor die lening.  Die persoon betaal dan die lening en die krediteure wat nie deel gevorm het van die konsolidasie lening nie. 

3.  Sekwestrasie / Insolvensie / Bankrotskap: Een konsep verskeie benamings.  In kort wanneer u na die prosesse kyk as skuld oplossing is dit die laaste uitweg.  Daar is reeds regs aksie geneem, die bank het moontlik al die voertuig terug geneem en die huis is kort op sy hakke.  Die voordeel van die oplossing is dat die skuld af geskryf word, op 'n wettige wyse.  Dit vind plaas via 'n hooggeregshof aansoek wat jou bankrot verklaar. 

Skuld oplossings vir besighede:
Daar is verskeie skuld oplossings vir besighede.  Ons gaan net aan dit raak om u 'n idee te gee van wat beskikbaar is vir sakemanne en vroue wie se besighede onder finansiële druk verkeer.

1.  Skuld Mediasie:  Dit is 'n proses waar daar met die onderskeie skuld eisers onderhandel word om laer rentekoerse en beter betalings planne beding word.  Dit is nie besigheids bereddering nie.  Maar is baie effektief, veral indien die besigheid 'n moontlikheid het vir 'n groot som geld wat gaan inkom of 'n nuwe kontrak wat gaan afkom wat die besigheid in staat sal stel om die rekeninge binne 'n aanvaarbare tyd sal kan diens.   Neem kennis dat die 'n kort termyn oplossing is.  

2.  Besigheids bereddering:  Die proses in kort is soos skuld berading vir besighede.  Daar is 'n hof aansoek wat gebring word om die besigheid onder skuld bereddering te plaas.  Indien die proses nie suksesvol is nie, is Likwidasie die volgende stap.  Ongelukkig is dit ook so dat die proses onbekostibaar is vir kleiner besighede en dat die meeste vna die besighede geliwideer word.  

3.  Likwidasie / bankrotskap / Insolvensie:  Dieselfde konsep, maar verskillende banamings deur jan publiek.  Die korrekte benaming is likwidasie, maar dit beteken in kort die besigheid word bankrot verklaar, en alle skuld word af geskryf.  Selfs SARS skuld.  Somtyd is die die beter oplossing, veral as die skuld totaal onoorkombaar is.  Die besigheid het ook nie nodig om bate te hê om te kwalifiseer vir die proses nie. 

Hoe nou gemaak - Watter oplossing gaan die beter oplossing wees?
U as individue of besigheids eienaar gaan na u navorsing gedoen het, met soveel inligtig gebombadeer word dat jy op die einde van die dag nie gaan weet of jy kom of gaan nie.  Watter skuld oplossing is die beter een en hoekom.  Soos alles in die lewe - het elke proses sy voor en nadele.  

Ons Advies:  
Kontake 'n NCR ge-akkrediteerde firma soos Cure Debt om u by te staan met raad en advies.  Ons spesialeer in alle Skuld oplossings wat Suid-Afrikaanse wetgewing bied en ons is geregistreer as 'n skuld verligtings maatskappy by the Nasionale Krediet reguleerder (NCR).

Wat maak ons so spesiaal?
1.  Alle oplossings onder een dak...
2.  NCR ge-akkrediteer
3.  5/5 Sterre vir dienslewering en proffesionele diens op Hello Peter
4.  Wees ‘n individu met unieke behoeftes nie net ‘n nommer nie...

Finding a Debt Solutions Specialist: PLEASE HELP!
Need help finding a Debt Solutions Specialist to assist with the best solution for your specific financial situation?
Call Cure Debt and talk to one of our Debt Relief Expert, Find the Debt Solution you need from the best debt relief specialists in South Africa.

We can help you!  BECOME DEBT-FREE TODAY!

WHERE DO I FIND A DEBT RELIEF SPECIALIST?
Cure Debt: Your Debt Specialist Don’t wait until it’s too late; CALL NOW!

WHY SHOULD YOU TRUST CURE DEBT WITH YOUR FINANCIAL DIFFICULTIES?
We care about you and how this process will affect you.  We know and understand that if you decide not to continue with the process, we will lose money. But it is not about the money; it is about helping people get out of financial distress.  To help you START LIVING AGAIN.   

What does Cure Debt offer?
We worked with several professionals, specialising in their different fields, to serve our clients.  With a combined experience of more than 120 years.  We can proudly state that 'We are the best in the business of helping people and businesses BECOME DEBT FREE

We have an array of services we offer, and we SPECIALISE IN FINANCIAL DIFFICULTIES AND REHABILITATION.

OUR SERVICES INCLUDE:
Debt Review | Debt Counselling | Debt Mediation & Restructuring | Cancellation of the Debt Review | Sequestration | Rehabilitation | Liquidation | Credit Clearance of Credit Score | Business Rescue, etc.

                                                                              BECOME DEBT FREE TODAY...
Contact Cure Debt today to assist you with all your Financial Difficulties and Start Living Again.

Disclaimer: This article is for information purposes only and does not constitute legal advice. Call on Cure Debt rather than relying on the information herein to make any decisions. The information is relevant to the date of publication.
Privacy Policy
Panel of qualified Debt Counsellors registered with the NCR (National Credit Regulator)

Copyright © 2022, Cure Debt, All Rights Reserved, Designed by ArcSolve