Wat is die Voor en Nadele, Kostes van ‘n Sekwestrasie? Wanneer dit kom by Sekwestrasie is die groot vraag of Sekwestrasie werklik die oplossing is vir jou Finansiële Probleme?
Kostes
Menige mense vrae die vraag omdat hulle reeds finansiële probleme ondervind en werklik nie die fondse het om te betaal vir die proses nie.
Sekwestrasie is ‘n Regsproses en kan jou bystaan om byna onmiddelik van jou skuld las ontslae te raak.
Soos enige regsproses is daar verskeie voor en nadele betrokke by die proses en gaan dit van elke individu afhang wat sy verwagting is en of hy / sy die werklik die roete wil volg.
Voor so ‘n besluit gemaak kan word, moet daar egter vas gestel word wat die Voor- en Nadele van die proses is en hoe dit die individu(e) gaan beïnvloed.
Onder volg die voor en nadele, kostes van sekwestrasie. Skakel gerus een van ons eksperts om u by te staan met die raad en advies hierin.
VOORDELE VAN SEKWESTRASIE
1. Onmiddelike finansiële gemoedsrus.
2. Onmiddelike finansiële verligting op jou begroting.
3. ‘n Behoorlike plan met tydlyne of van jou finansiële las ontslae te raak.
4. Skuld eisers moet hulle eise indien teen die Insolvente Boedel en u mag nie verder enige betalings maak aan skuldeisers direk nie.
5. Tot 80% van die totale skuld word af geskryf en die oorblywende 20 – 25% kan rentevry terug betaal word.
6. Kennis van die Sekwestrasie in die staats koerant stop alle regsaksie.
7. U verloor nie u losbates in so ‘n aansoek nie.
8. Binne 3 – 5 jaar van datum van sekwestrasie kan u weer aansoek doen om Rehabilitasie na Sekwestrasie.
9. Enige Beslagleggings bevele ‘garnish orders’ wat tans op die salaris geregistreer is moet gestaak word, alhoewel dit eers gestaak word wanneer die sekwestrasie bevel toe gestaan is in die Hooggeregshof van Suid Afrika.
NADELE VAN SEKWESTRASIE
1. Gedurende die tydperk wat u finansiële status ‘Insolvent’ is, mag die Insolvent nie nuwe skulde aangaan nie.
2. Die Insolvent mag nie ‘n Trustee op ‘n Trust wees nie.
3. Die Insolvent mag nie as Direkteur op ‘n maatskappy geregistreer word nie.
4. Indien die individu ‘n prokureur / makelaar is wat ‘n trust rekening bestuur mag die individu nie meer ‘n trust rekening bestuur nie, tot daar ‘n rehabilitasie bevel toe gestaan is in die Hooggeregshof en die instansie wat die sektor bestuur toestemming verleen dat die rehabiliteerde insolvent weer ‘n trust rekening mag bestuur.
KOSTE VAN SEKWESTRASIE
Die koste van die aansoek sal afhang van die diensverskaffer wat u gebruik om u by te staan met die aansoek.
IS DAAR DIENSVERSKAFFERS WAT SO AANSOEK KOSTEVRY / VERNIET SAL BRING?
Daar is geen diensverskaffers of staat instansie wat so aansoek kostevry / gratis bring nie.
ROLSPELERS BY SEKWESTRASIE AANSOEK
Die rolspelers betrokke by ‘n sekwestrasie aansoek is die volgende:
1. Konsultant met wie u aanvanklik konsulteer in die verband.
2. Prokureur wat die aansoek bring.
3. Waardeerder wat die waardasie vir die bates opstel.
4. Advokaat wat die aansoek in die hof bring.
HOE BESLUIT EK OP 'N DIENSVERSKAFFER?
Wanneer mens na alle faktore kyk soos bo gemeld, wil jy nie in 'n situasie land waar u in gedoen word nie. Jy wil ook nie in 'n situasie sit waar u met amateurs werk, wat nog sukkel om hulle voete te vind nie. U wil werk met spesialiste in die gebied.
HOE DOEN EK NAVORSING?
In so geval is die internet jou beste vriend. Die eerste ding wat jy gaan soek is resensies (reviews) op platvorms soos
Hello Peter. Hier kan individue en besighede 'n resensie skryf oor die dienste wat die maatskappy aan hulle gelewer het.
Wat hulle ervaring was en natuurlik of hulle die maatskappy sal aanbeveel vir enige van hulle familie en vriende en kennisse. Hello Peter is 'n neutrale platform en die resensies (reviews) wat daar geskryf word kan nie verwyder word tensy die maatskappy kan bewys dat die resensie skrywer nie 'n kliënt van die maatskappy was nie.
Dus 'n betroubare bron van waardevolle inligting vir elke verbruiker daar buite wat nie beïnvloed word deur die maatskappy waaroor daar geskryf word nie.
Kry al die kontak besonderhede van die maatskappy. Indien die maatskappy werk met slegs 'n selfoon nommer dan weet jy dit is nie 'n goeie idee om verder met die maatskappy voort te gaan nie.
Indien daar geen kantoor nommers is nie, hoe gaan u die maatskappy in die hande kry behalwe op 'n selfoon nommer, en buiten dit, is dit uiters onproffessioneel om slegs selfoon nommers en nie ook kantoor nommers te besit vir 'n geldige, wettige maatskappy nie.
RESENSIES 'REVIEWS' - WAARNA KYK EK?
Gaan lees wat het die kliënte te sê oor die diens wat hulle ontvang het en gaan kyk of die maatskappy hulle antwoord op die resensies wat gelaai word. Al is dit net 'Dankie' vir 'n goeie resensie. Dit beteken die maatskappy gee genoeg om, om te reageer op alle resensies (reviews) en nie net op die goeie resensies nie. Dit is 'n goeie indikasie dat die maatskappy se kliënte en kliënte diens vir hulle belangrik is.
Gaan kyk na goed soos die 'trust index' dit gaan vir jou 'n indikasie gee hoeveel vertroue jan publiek het in die maatskappy.
Die 'net promoter score' gaan vir u 'n aanduiding gee van die moontlikheid dat die publiek die maatskappy sal aanbeveel vir enige van hulle dienste.
Laaste die hoeveelheid sterre wat die maatskappy verwerf het in terme van die resensies gaan vir u 'n baie goeie indikasie gee van hoe goed die maatskappy is met hulle werk en die dienste wat hulle lewer.
WAT AS EK NIKS VAN DIE MAATSKAPPY AANLYN KRY NIE?
Dit voorspel niks goeds nie. Indien die maatskappy geen verwysings or resensies aanlyn het nie, daar is geen inligting van die maatskappy aanlyn nie kan dit so baie uitkomste hê.
Die vraag is natuurlik wil u werklik graag uself blootstel deur met 'n maatskappy te werk wat geen resensies (reviews) het nie. Jy het geen indikasie van of hulle die werk kan doen of nie?
NET PROMOTER SCORE: 100%
TRUST INDEX: 7/9 OUT OF 10
AVERAGE STAR RATING: 4.94/5
Wanneer u na bovermelde kyk sal u vind dat Cure Debt spesialiste is in die bedryf. Ons kan u help om skuld vry te wees in 'n Japtrap.
Cure Debt word op Netwerk 24 as 'n diensverskaffer wat
Netwerk 24 aan beveel vir individue en maatskappye wat finansiële probleme ondervind in hulle aanlyn
Skuldgids. Na ons alles in Afrikaans aan ons geliefde Afrikaner mense verduidelik het, slaan ons nou oor na engels en gee ons, ons engelsprekende kliënte die geleentheid om ook so bietjie van ons te lees en te leer wat Cure Debt se dienste behels.
Hoe Cure Debt 'n verskil in hulle lewens kan maak. By ons is al ons kliënte belangrik en dienslewering is nie net 'n slagspreuk nie maar 'n realiteit. Iets wat 'n skaars kommiditeit geraak het in die moderne samelewing.
Call Cure Debt and talk to one of our Debt Relief Specialists, find the Debt Relief you need from the best Debt Relief Specialists in South Africa.
WE CAN HELP YOU! BECOME DEBT FREE TODAY!
WHERE DO I FIND A DEBT RELIEF SPECIALIST?
Cure Debt – Your Debt Specialist, don’t wait until it’s too late, CALL NOW!
What distinguishes CureDebt from other NCR-accredited debt relief practitioners in South Africa?
We are concerned about your well-being and the impact this process will have on you. We understand that if you decide not to continue with the process, we will lose money. But for us, it is not about the money. We are passionate about helping people regain their financial freedom and live a debt-free life.
WHAT CURE DEBT OFFERS
To better serve our clients, we collaborated with a group of professionals who specialise in different fields. With over a century of experience between them, we can boldly state, "We are the best in the business of helping people and businesses. Become debt-free.'
OUR SERVICES INCLUDE:Debt Review | Debt Counselling | Debt Mediation & Restructuring | Cancellation of the Debt Review | Sequestration | Rehabilitation | Liquidation | Credit Clearance of Credit Score | Business Rescue etc.
BECOME DEBT FREE TODAY...