nav logo
CURE DEBT
Blog

DIE LIKWIDASIE PROSES EN WAT DIT BEHELS

about banner
TT_main | 29 April 2022 

WAT IS LIKWIDASIE EN WAT BEHELS DIE LIKWIDASIE PROSES IN SUID AFRIKA?

Inleiding:
Verskeie sake ondernemings vra die groot vraag oor die Likwidasie proses en wat dit alles behels. Wat beteken Likwidasie van 'n besigheid en wat is die implikasies van so 'n besluit.  

En natuurlik hoe besigheids eienaars daarby kan baatvind? Gaan dit werklik die verskil maak en sakemanne help om van slegte besigheid skuld ontslae te raak en van nuuts af kan begin op ‘n skoon bladsy?

Hoekom is dit belangrik om te weet wat die likwidasie proses behels en wat dit kan beteken vir besighede wat finansiële probleme ervaar?
Voor enige moontlike oplossings vir ‘n probleem oorweeg kan word moet besigheid eienaars presies weet wat die likwidasie proses behels en wat dit beteken vir die besigheid, huidige kontrakte en personeel asook die implikasie van likwidasie op direkteure en aandeelhouers. O

Op so wyse kan die Direkteure ‘n ingeligte besluit maak rakende die Likwidasie proses en of dit ‘n oplossing vir jou besigheid is.

Wat is Likwidasie?
Likwidasie is ‘n proses waar die maatskappy of besigheid bankrot of insolvent verklaar word.


Wat behels die Likwidasie Proses in Suid Afrika?
Daar is twee antwoorde op die vraag maar beide sê presies dieselfde ding. Die kort weergawe is:


Die maatskappy word bankrot verklaar en die bates word verkoop ten einde die krediteure te betaal.

Kan die Likwidasie Proses gevolg word indien daar geen bates is nie?
Ja, indien ‘n maatskappy nie meer hulle maandelikse verantwoordelikhede kan nakom nie, is hulle verplig om op te hou handel dryf, omdat die Maatskappye Wet dit so beskryf.  

Indien enige sake onderneming voort gaan om handel te dryf terwyl hulle nie die maandelikse finansiële verantwoordelikhede kan nakom nie word dit beskryf as, roekelose handel.  Direkteure kan strafregtelik aangekla word indien hulle sou besluit om die klousule in die Maatskappye wet te verontagsaam. 

Wat gebeur indien daar nog fondse oor is na almal betaal is?
Indien daar enige fondse oor is na al die skuldeisers betaal is, word die fondse wat oor is onder die aandeelhouers verdeel, na aanleiding van hulle persentasie aandeelhouding in die besigheid.


Hoe word ‘n Besigheid gelikwideer?
Daar is twee manière hoe besighede gelikwideer kan word:

1. Vrywillige Likwidasie
Die vrywillige likwidasie proses behels die direkteure en aandeelhouers wat ‘n resolusie neem en ‘n besluit maak om die besigheid te liwkideer. Die Likwidasie proses is baie vinnig en meer koste effektief as die verpligte likwidasie proses.

2. Verpligte Likwidasie
Die Verpligte Likwidasie proses behels ‘n skuldeiser wat ‘n maatskappy likwideer of bankrot verklaar weens ‘n uitstaande rekening.

Die verpligte likwidasie proses is ‘n duur proses en is ‘n laaste uitweg by die invordering proses van besighede. Dit is uiters effektief, maar die skuldeiser wat die aansoek bring is nie verseker daarvan dat hulle uitstaande rekening gedelg sal word nie. Die krediteur is dan ook verantwoordelik vir die kostes van die ‘n aansoek.

Wat is die Gevolge van Likwidasie?

1.  Mag die besigheid verder handel dryf?
Nee, omdat die besigheid die roete volg mag die besigheid geensins verder handel dryf nie, behalwe indien dit tot voordeel van die krediteure en likwidasie is. Personeel word ingelig van die likwidasie proses.

2.  Wie neem beheer van die besigheid indien die Direkteure nie meer betrokke mag wees nie?
Die Meester word in beheer van die maatskappy se bates en laste geplaas tot ‘n likwidateur aan gestel word en die adminstrasie van die gelikwideerde maatskappy behartig, onder die toesig en leiding van die Meester van die Hooggeregshof. Dis word die direkteure, aandeelhouers en lede geen magte tot die bestuur en besluitneming van die besigheid nie.

3.  Wat gebeur wanneer die Maatskappy Likwidasie gefinaliseer is?
Sodra die Likwidasie proses gefinaliseer is word die Meester in kennis gestel en die maatskappy word verwyder van die register as ‘n geregistreerde maatskappy in Suid Afrika.

4.  Hoe raak die Likwidasie proses die Direkteure, aandeelhouers en/of lede van die gelikwideerde maatskappy?
Alle skulde word af geskryf behalwe wanneer ‘n direkteur / aandeelhouer / lid van die besigheid sekeuriteit geteken het in sy /haar persoonlike kapasiteit vir enige skulde wat aan gegaan is, bv. Enige skuld by banke soos ‘n oortrokke fasiliteit, besigheids krediet kaart, ens.


Samevatting:
Likwidasie is ‘n uitweg om van enige besigheid skuld ontslae te raak. Behalwe die rekeninge waar direkteure sekeuriteit gelewer het in hulle persoonlike kapasiteit, is dit steeds beter as om ‘n besigheid te probeer bestuur wat finansiële probleme ervaar.

Cure Debt kan u help om die regte besluit te maak – Likwidasie of nie en watse proses of te volg. 
Skakel Cure Debt om u by te staan met raad en advies oor u besigheid en of dit werklik nodig is om voort te gaan met die likwidasie proses. Ons werk daagliks in die bedryf en het tans ‘n 100% ‘Net Promotor Score’ op ons Hello Peter Blad. Hoe anders om seker te maak dat jy die regte maatskappy gebruik om jou by te staan met jou Likwidasie dan om te kyk wat ons kliënte van ons diens dink? 

Wat dink ons kliënte van ons diens en advies? 
Lees gerus wat ons kliënte van ons diens dink op ons Hello Peter Blad

Is elke aangeleentheid dieselfde of verskil dit van aangeleentheid tot aangeleentheid?
Bogemelde is alles 100% afhanklik van elke individu se persoonlike situasie en kan slegs gebruik word as ‘n riglyn. Dus stel ons voor dat u Cure Debt nader om u by te staan met ‘n gratis evaluasie en konsultasie in die verband.

Vir meer inligting skakel gerus Cure Debt vir spesialis dienste in die bedryf.  

Cure Debt werk regoor Suid Afrika en ons kan u help om in 'n japtrap skuldvry te wees en weer te kan leef.

  ONS KAN U HELP OM SKULDVRY TE WEES VANDAG NOG.  SKAKEL NOU!

Hoekom kan u Cure Debt vertrou met u finansiële situasie?
Cure Debt het hande gevat met spesialiste in hulle verskeie areas om te verseker dat ons kliënte die beste diens teen bekostigbare pryse bekom.    

Moenie ons woord neem daarvoor nie.  Lees gerus wat ons kliënte van ons sê.

Skuld Berading| Skuld Mediasie | Kanselasie van Skuld Berading | Sekwestrasie | Rehabilitasie | Likwidasie | Krediet Verslag / Rekord herstel | Besigheids redding ens.   

WEES SKULDVRY VANDAG NOG!
Kontak  Cure Debt vandag en laat ons u bystaan met u finansiële rehabilitasie proses.  

Moenie net oorleef nie.  Begin weer LEEF...

Disclaimer:   This article is for information purposes only and does not constitute legal advice. Call on Cure Debt rather than relying on the information herein to make any decisions. The information is relevant to the date of publishing.
Privacy Policy
Panel of qualified Debt Counsellors registered with the NCR (National Credit Regulator)

Copyright © 2022, Cure Debt, All Rights Reserved, Designed by ArcSolve