Wat dit behels, 'n maklike verduideliking in Afrikaans.
Die Insolvensie proses en wat dit behels? Die implikasies van die sekwestrasie proses is van so aard dat die proses nie ligtelik oorweeg kan word nie. Weens die ernstige implikasies om bankrotskap te verklaar, word die proses slegs oorweeg indien daar geen ander uitweg is om finansiële vryheid te kan ervaar nie.
Hoe weet jy dit is tyd om die sekwestrasie proses te oorweeg?
Wanneer jy moedeloos is oor jou finansiële situasie en reeds alle alternatiewe remedies probeer het, dan is die Insolvensie proses die antwoord vir jou finansiële probleme. Jy kan in ‘n japtrap finansiële vryheid ervaar.
Raak onslae van die angs van finansiêle probleme…
Gee jou eerste tree na Finansiële Vryheid met ‘n sekwestrasie proses. Ervaar die gevoel om weer te begin lewe en asem te haal sonder die angs van krediteure, of selfs die balju wat elke dag aan jou deur kom klop.
Watter stappe moet ek volg om myself bankrot te verklaar?
Die kwalifiserende evaluasie van jou finansiële situasie...
Die assessering om vas te stel of jy wel ‘n goeie kandidaat vir die sekwestrasie proses is of nie, moet ons eers ‘n evauasie van jou finansiêle situasie doen. Die assessering is gratis, en gedurende die assessering word daar gekyk na die verskillende aspekte soos voor geskryf in die Insolvensie wet. Daar gaan van u verwag word om die nodige inligting aan ons te verskaf om die assessering te doen, deur middel van ‘n individuele skuld evaluasie vorm wat u so eerlik en volledig as moontlik moet voltooi.
Is ek ‘n kandidaat vir die insolvensie proses?
Wanneer jou uitgawes jou inkomste oorskry en jy meer skuld as bates het, is jy ‘n goeie kandidaat vir sekwestrasie.
Wat is volgende in die sekwestrasie proses?
Een van ons proffesionele skuld verligtings spesialiste gaan jou kontak en die uitkoms van die evaluaie met jou bespreek en ook vir jou voorsien van ‘n kwotasie en verduideliking van die kostes hierin. Nou kan jy besluit of jy graag wil voort gaan met sekwestrasie proses.
Die sekwestrasie proses in kort...
Wat om te verwag wanneer u besluit om voort te gaan met die insolvensie aansoek?
Die hof dokumentasie word op gestel na aanleiding van jou provinsie en die hooggeregshof waar jou aansoek aan gehoor gaan word. Dit word bepaal met jou woon or werk adres. 30 dae voor die hof datum word daar ‘n advertensie geplaas in die staats koerant en ‘n lokale koerant om jou krediteure in kennis te stel van jou intensie om aansoek te doen om sekwestrasie.
Die advertensie stop alles regsaksie, waar / onwaar?
JA, dit is waar. Sodra die advertensie 30 dae voor die hof datum geplaas is, dan stop dit alle regsaksie.
Die sekwestrasie aansoek hof datum:
U net nie nodig om die dag wat die sekwestrasie aansoek in die hof aan gehoor word teenwoordig te wees nie. Die regspan gaan die aan geleentheid voor die hof bring. Sodra die regter bevestig dat die aansoek goed gekeur is, word u daarvan in kennis gestel en stap vir stap verduidelik wat om volgende te verwag.
Hoe nou gemaak met die mense wie ek geld skuld?
Alle krediteure is in kennis gestel van die aansoek via geregistreerde pos en via advertensie in die staats koerant, voor die hof aansoek. Na die sekwestrasie aansoek goed gekeur is moet die meester ‘n kurator aanstel. Sodra die kurator aan gestel word, word daar kontak gemaak met die krediteure en kry hulle ‘n geleentheid om hulle eise teen die insolvente boedel in te dien.
Moet ek steeds die krediteure aanhou betaal?
NEE, in terme van die insolvensie wet, mag geen krediteure verder betaal word nie. Hulle moet hulle eise bewys teen die insolvente boedel en indien hulle besluit daarteen word die volle som totaal wat u daardie krediteur geskuld het in totaliteit af geskryf.
Gaan die kurator my meubels, voertuie, ens. wat klaar betaal is kom haal om te verkoop op veiling?
Die kurator sal vir jou die grasie gee om jou losbates, met ander woorde, karre, karavane, meubels ens. wat klaar betaal is terug te koop uit die insolvente boedel. Die betalings tydperk moet beding word met die kurator. Betaling geskied normaalweg oor ‘n maksimum tydperk van 18 maande.
Hoekom is die meester en kurator betrokke by die aansoek en wat presies is hulle werk?
Die meerster van die hoogeeregshof is ‘n staats instansie en stel die kurator aan op die insolvente boedel. Die meester en kurator verteenwoordig die krediteure in die insolvente boedel en verseker dat hulle ‘n regverdige kans kry om hulle eise teen die insolvente boedel indien en dat hulle betaling kry in terme van die eise wat teen die insolvente boedel in gedien en goed gekeur is.
Wanneer gaan my skuld dan nou betaal word?
Alle rekeninge word vereffen eers sodra die boedel af gehandel is en deur die Meester van die hooggeregshof af geteken is. Dus hang dit af van hoe vinnig die boedel af gehandel word.
Hierdie artikel is slegs ‘n riglyn en ons stel voor dat u een van ons bekwame konsultante nader om u van raad en advies te voorsien hierin.