nav logo
CURE DEBT
Blog

Is Sekwekwestrasie ‘n Strategiese Nuwe Begin of is dit Tou Opgee op Finansiële Herstel?

about banner
TT_main | 29 April 2022 

Is Sekwestrasie ‘n strategiese nuwe begin of is dit tou opgooi? Dit kan nie tou opgooi wees as dit ‘n nuwe begin is nie.

Die vraag 'Is Sekwestrasie 'n Strategiese Nuwe Begin?' is 'n gewigtigge vraag en die antwoord is nie dieselfde vir almal nie.  Maar as jy in die knyp is finansieël en jy het al alles anders probeer, hoekom nie kyk na Insolvensie as 'n moontlike oplossing nie.

Is die oorgawe van jou boedel ’n slim finansiële skuif of mis Suid-Afrikaners beter oplossings?
In Suid-Afrika, waar skuld dikwels in stilte gedra word, bly sekwestrasie een van die mees verkeerd verstaanbare remedies. Vir sommige is dit ’n laaste uitweg. Vir ander, ’n geleentheid om weer te begin. Maar wat beteken dit regtig om jou boedel te “skenk” aan die hof — en is dit altyd die regte besluit?

⚖️ Wat is Sekwestrasie en hoekom oorweeg mense dit?
Sekwestrasie is ’n Hooggeregshof-aansoek ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936, waar ’n persoon verklaar dat hul laste hul bates oorskry. ’n Kurator word aangestel om die boedel te bestuur, bates te verkoop, en krediteure te vergoed.

Is dit waar dat die skuld af geskryf word wanneer jy sekwestreer?
Ja dit is waar, daar kan tot soveel soos 80–90% van skuld afgeskryf word, afhangend van die boedel se waarde en die voordeel aan krediteure. Miskien is Sekwestrasie vir jou ‘n nuwe begin en nie tou opgooi nie. Soms is dit beter om tou op te gooi en dan liewer weer van voor te begin.

🧠 Die Emosionele Impak: Meer as net ’n regsterm
Om insolvent verklaar te word, raak nie net jou finansies nie. Ons as Afrikaner mense is nie groot gemaak met die gedagte dat mens net weg stap van ons verantwoordelikhede nie. Dit tas jou selfbeeld aan en kan traumaties en baie stresvol wees veral as jy by ‘n maatskappy uit kom wat nie bekwaam is in die veld nie.  Daar is baie vrae wat opkom en waarvoor mens nie altyd die antwoorde aanlyn vind nie.  

Vrae soos:
• Sal ek ooit weer ‘n eiendom kan koop?
• Sal ek ooit weer ‘n besigheid kan hê?
• Wat is die waarheid van rehabilitasie na sekwestrasie, sal ek regtig weer my naam kan herbou na sekwestrasie?

Die antwoorde verskil van persoon tot persoon. 
Daarom is dit uiters belangrik dat jy by ‘n maatskappy uitkom wat weet hoe al die skuldverligting prosesse werk. Watse impak dit op jou spesifiek as persoon gaan hê en natuurlik of daar nie ‘n ander alternatief is nie.

Rehabilitasie na Sekwestrasie
Dit verskil vir almal, sommige mense is gelukkig genoeg om so gou soos ses maande na datum van sekwestrasie te kan aansoek doen om rehabilitasie en ander is nie so gelukkig nie. Die rede hiervoor is, omdat rehabilitasie voor geskryf word in die insolvensie wet met verskillende voorwaardes. Voor jy kan kwalifiseer vir enige van die Rehabilitasie aansoeke na insolvensie, moet jy eers aan die voorwaardes voldoen.

Wat is die minimum en maksimum tydperke voor rehabilitasie na bankrotskap kan plaasvind?
Rehabilitasie kan so gou as 6 maande na sekwestrasie plaasvind, maar in ander gevalle kan dit tot 10 jaar duur. Dit hang alles af van wat in die Insolvente Boedel plaasvind. Meeste van die tyd kan Rehabilitasie na Sekwestrasie binne 3 -5 jaar geskied deur ‘n rehabilitasie aansoek in die Hooggeregshof van Suid Afrika, en in uitsonderlike gevalle binne so min soos 6 maande na datum van sekwestrasie.

📍 Streekstendense: Hoekom Gauteng en die Oos-Kaap uitstaan
In provinsies soos Gauteng en die Oos-Kaap, waar werksekerheid afneem en afleggings toeneem, sien kundiges ’n styging in sekwestrasie-aansoeke. Dit is nie altyd omdat mense roekeloos was nie, maar hoofsaaklik omdat ekonomiese druk hulle geen ander keuse laat nie.

🧩 Alternatiewe Skuld Oplossings wat soms oor die hoof gesien word
Voordat jy sekwestrasie oorweeg, vra jouself:

• Het u skuldhersiening ook bekend as skuldberading of skuldmediasie probeer?
• Is daar ’n manier om die skuld te herstruktureer sonder om my boedel insolvent te verklaar?
• Het ek met ’n NCR-geregistreerde skuld verligtings spesialis gesels?
Daar is maatskappye wat gratis assesserings bied aan om te bepaal of sekwestrasie regtig jou beste oplossing is en of daar nie ‘n ander alternatief is wat beter en goedkoper gaan wees nie.

🧭 ’n Nuwe Perspektief op Sekwestrasie
Dalk is sekwestrasie nie net tou opgooi nie, maar ’n strategiese nuwe begin. Die sleutel lê daarin om ingeligte besluite te maak. Praat met ‘n profesionale skuld verligting konsultant wat jou sal kan bystaan met die inligting wat jy benodig om ‘n finale besluit te maak. Sekwestrasie kan wel ‘n strategiese nuwe begin wees maar dit beteken nie dat dit die regte antwoord vir elke persoon daar buite is nie.

📚 Bronne en Verdere Leesstof
Verstaan Sekwestrasie 
Wat is Sekwestrasie 
Insolvensiewet 
SARS 

📞 Wat is die volgende stap?
Indien jy raad en advies benodig rakende sekwestrasie en jy is nie seker of dit vir jou 'n nuwe begin gaan bewerkstellig nie, skakel ons gerus vir meer inligting by 067 035 2576 of 012 943 1392, of klik op die koppeling en voltooi ons kontak vorm via ons webtuiste en een van ons skuld verligting konsultante sal julle skakel hierin.

Nou om die groot vraag te antwoord.  Is sekwestrasie 'n strategiese nuwe begin of nie?  
Die antwoord is 'n onomwonne ja.  Wanneer jy gaan kyk na die voordele en die nadele en dit teen mekaar op weeg.  Dan wen sekwestrasie elke keer.  Sekwestrasie is verseker 'n strategiese nuwe begin.  

Alle konsultasies is konfidentieël en geen inligting sal met enige derde partye gedeel word of verkoop word nie.  Ons kommunikeer ook nie met u werkgewer of skuldeisers nie.  Die inligting wat u verskaf sal slegs vir die evaluasie doeleindes gebruik word.  

Disclaimer: This article is for information purposes only and does not constitute legal advice. Call on CureDebt rather than relying on the information herein to make any decisions. The information is relevant to the date of publication.
Privacy Policy
Panel of qualified Debt Counsellors registered with the NCR (National Credit Regulator)

Copyright © 2022, Cure Debt, All Rights Reserved, Designed by ArcSolve